1 SAMUEL 7:10
1 SAMUEL 7:10 Bybel vir almal (ABA)
Samuel was besig om die brand-offer vir die Here te bring, toe kom die Filistyne nader om oorlog te maak teen die Israeliete. Die Here het daardie dag 'n harde donderslag oor die Filistyne laat slaan, en Hy het hulle baie bang laat word. Die Israeliete het gewen teen die Filistyne.
1 SAMUEL 7:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want onderwyl Samuel die brandoffer bring en die Filistyne nader kom om teen Israel te veg, het die HERE dit dié dag met 'n groot geluid laat donder oor die Filistyne, en Hy het hulle in verwarring gebring, sodat hulle verslaan is voor Israel.
1 SAMUEL 7:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Samuel was nog besig om te offer, toe kom die Filistyne nader om teen Israel te veg. Op daardie dag het die Here 'n groot donderweer oor die Filistyne laat losbars. Die Here het hulle verwar, en hulle is deur die Israeliete verslaan.
1 SAMUEL 7:10 Die Boodskap (DB)
Samuel was nog besig om die lam te verbrand, toe begin die Filistyne al met die geveg. Op daardie oomblik het die Here harde donderslae bokant die Filistyne laat slaan. Dit het hulle só deurmekaar gemaak dat hulle die geveg teen die Israeliete verloor het.