1 SAMUEL 6:20
1 SAMUEL 6:20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Wie kan standhou in die teenwoordigheid van die HERE, hierdie heilige God?” het hulle uitgeroep. “Waarheen kan ons die ark stuur?”
1 SAMUEL 6:20 Bybel vir almal (ABA)
en hulle het gesê: “Wie kan naby die Here kom, naby hierdie heilige God? Waarnatoe kan ons die kis van die Here stuur?”
1 SAMUEL 6:20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe sê die manne van Bet-Semes: Wie kan diens doen voor die aangesig van die HERE, hierdie heilige God? En na wie toe sal Hy optrek van ons af?
1 SAMUEL 6:20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daarna het die mense van Bet-Semes gevra: “Wie kan bestaan in die teenwoordigheid van die Here, hierdie heilige God? Na wie toe kan Hy gaan van ons af?”
1 SAMUEL 6:20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die manne van Bet-Semes sê toe: “Wie kan voor hierdie heilige God, die HERE, staande bly? Na wie toe kan die ark van ons af gaan?”