1 SAMUEL 4:2
1 SAMUEL 4:2 Bybel vir almal (ABA)
Die Filistyne het begin veg teen die Israeliete, en die Israeliete het verloor. Die Filistyne het omtrent 4 000 Israeliete doodgemaak.
1 SAMUEL 4:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe die Filistyne hulle opstel om Israel te ontmoet, en die geveg ontwikkel, is Israel voor die Filistyne verslaan; en hulle het op die vegterrein in die veld omtrent vierduisend man doodgeslaan.
1 SAMUEL 4:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hulle het hulle leër teenoor Israel laat stelling inneem, en toe die geveg ontplooi, is Israel deur die Filistyne verslaan. Hulle het omtrent vier duisend man op die slagveld afgemaai.
1 SAMUEL 4:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die Filistyne het hulle gevegslinies teen Israel opgestel, en toe die geveg uitbrei, is Israel voor die Filistyne uit verslaan. Hulle het op die gevegsterrein ongeveer vierduisend man neergevel.
1 SAMUEL 4:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die Filistyne het hulle teen Israel opgestel, en toe hulle in die geveg aangesluit het, is Israel voor die Filistyne verslaan; en hulle het van die leër in die veld omtrent vier duisend man verslaan.