1 SAMUEL 4:13
1 SAMUEL 4:13 Bybel vir almal (ABA)
Toe hy in Silo kom, het Eli op 'n stoel gesit en hy het gewag dat iemand moet kom, want hy was bekommerd oor die kis van God. Toe die man in die stad kom en vertel wat gebeur het, het al die mense in die stad geskree.
1 SAMUEL 4:13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Terwyl hy aankom, sit Eli juis en uitkyk op 'n stoel aan die kant van die pad, want hy was besorg oor die ark van God. En die man het gekom om dit in die stad mee te deel, en die hele stad het geskreeu.
1 SAMUEL 4:13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Terwyl hy aankom, het Eli juis langs die pad op sy stoel gesit en wag, want hy was bekommerd oor die ark van God. Die man het gekom en die tyding aan die dorp bekend gemaak. Die hele dorp het begin kerm en kla.
1 SAMUEL 4:13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe hy daar aankom, sit Eli juis op 'n stoel langs die pad, in afwagting op nuus, want sy hart was aan die bewe oor die ark van God. Toe die man die stad binnegaan om die nuus bekend te maak, het die hele stad om hulp geroep.
1 SAMUEL 4:13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe hy kom, kyk, het Eli op 'n stoel langs die pad gesit en kyk, want sy hart het gebewe vir die ark van God. En toe die man in die stad kom en dit meedeel, het die hele stad geskreeu.