1 SAMUEL 30:23
1 SAMUEL 30:23 Bybel vir almal (ABA)
Maar Dawid het gesê: “Vriende, julle moenie so doen met die goed wat die Here vir ons gegee het nie. Hy het ons beskerm en Hy het ons laat wen teen die Amalekiete wat na ons toe gekom het.
1 SAMUEL 30:23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar Dawid het gesê: Julle mag nie so maak nie, my broers, met wat die HERE ons gegee het, en Hy het ons bewaar en die bende wat ons oorval het, in ons hand gegee.
1 SAMUEL 30:23 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar Dawid het gesê: “My broers, julle mag nie so maak nie. Wat het die Here nie alles vir ons gegee nie? Hy het ons bewaar en die bende wat teen ons gekom het, in ons mag oorgegee.
1 SAMUEL 30:23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar Dawid het gesê: “My broers, julle mag nie so maak met wat die HERE vir ons gegee het nie. Hy het ons beskerm en die rowerbende wat teen ons te staan gekom het, in ons hand gegee.
1 SAMUEL 30:23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê Dawid: Julle mag nie so doen nie, my broers, met wat die HERE ons gegee het, wat ons bewaar het en die menigte wat teen ons gekom het, in ons hand gegee het.