1 SAMUEL 30:17
1 SAMUEL 30:17 Bybel vir almal (ABA)
Dawid het hulle aangeval van vroeg die oggend tot die aand van die volgende dag. Net 400 jongmanne het nie gesterf nie. Hulle het op kamele geklim en gevlug.
1 SAMUEL 30:17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Dawid het hulle verslaan van die aandskemering af tot die aand van die volgende dag, sodat niemand van hulle vrygeraak het nie, behalwe vierhonderd jongmanne wat op kamele gespring en gevlug het.
1 SAMUEL 30:17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dawid het van die laat middag af tot die aand toe en dwarsdeur tot in die vroeë oggend teen hulle geveg en hulle verslaan. Nie een het ontsnap nie, behalwe vier honderd jong manne wat op kamele gery en gevlug het.
1 SAMUEL 30:17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dawid het hulle aangeval, van ligdag af tot die aand van die volgende dag. Niemand van hulle het ontkom nie, behalwe vierhonderd jong manne wat op kamele geklim en gevlug het.
1 SAMUEL 30:17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Dawid het hulle verslaan van die skemer tot die aand van die volgende dag, en niemand van hulle het ontsnap nie, behalwe vier honderd jongmanne wat op kamele gery en gevlug het.