1 SAMUEL 30:1
1 SAMUEL 30:1 Bybel vir almal (ABA)
Dawid en sy manne het op die derde dag by die stad Siklag aangekom. Terwyl hulle weg was, het die Amalekiete die mense in die Suid-land en in Siklag aangeval en hulle het alles gevat wat hulle kon kry. Hulle het Siklag aangeval en hulle het die stad verbrand.
1 SAMUEL 30:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN toe Dawid met sy manne die derde dag by Siklag aankom, het die Amalekiete 'n inval gedoen in die Suidland en in Siklag, en hulle het Siklag verslaan en dit met vuur verbrand.
1 SAMUEL 30:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe Dawid en sy manne op die derde dag in Siklag aankom, het die Amalekiete al klaar 'n strooptog onderneem teen die Suidland en teen Siklag. Hulle het Siklag verower en afgebrand.
1 SAMUEL 30:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe Dawid en sy manne die derde dag by Siklag aankom, het die Amalekiete 'n strooptog uitgevoer in die Negev en in Siklag. Hulle het Siklag aangeval en afgebrand.
1 SAMUEL 30:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe Dawid en sy manne op die derde dag in Siklag aankom, het die Amalekiete die suide en Siklag binnegeval en Siklag verslaan en dit met vuur verbrand