1 SAMUEL 26:23
1 SAMUEL 26:23 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het jou vandag vir my gegee. Ek kon jou doodgemaak het as ek wou, maar ek het besluit om niks te doen teen die gesalfde van die Here nie. Ek weet dat die Here goed doen aan mense wat reg doen en wat lewe soos Hy wil hê.
1 SAMUEL 26:23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die HERE tog vergeld aan elkeen sy regverdigheid en sy getrouheid — die HERE het u vandag in my hand gegee, maar ek wou nie my hand teen die gesalfde van die HERE uitsteek nie.
1 SAMUEL 26:23 Afrikaans 1983 (AFR83)
Mag die Here elkeen volgens sy geregtigheid en trou beloon, want die Here het u vandag in my mag gegee. Maar ek was nie bereid om my hand te lig teen die gesalfde van die Here nie.
1 SAMUEL 26:23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE is die Een wat die mens beloon vir sy regverdigheid en sy getrouheid, die HERE wat u vandag in my hand oorgegee het. Maar ek wou nie my hand teen die gesalfde van die HERE uitsteek nie.
1 SAMUEL 26:23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die HERE vergeld aan elkeen sy geregtigheid en sy trou, want die HERE het jou vandag in my hand gegee, maar ek wou my hand nie uitsteek teen die gesalfde van die HERE nie.