1 SAMUEL 26:16
1 SAMUEL 26:16 Bybel vir almal (ABA)
Jy het nie jou werk goed gedoen nie. So seker soos die Here lewe, julle moet sterf, want julle het nie waggestaan by julle koning nie, en hy is die gesalfde van die Here. Kyk, hier is die spies van die koning en die waterkruik wat by sy kop was.”
1 SAMUEL 26:16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hierdie ding is nie goed wat jy gedoen het nie! So waar as die HERE leef, voorwaar, julle verdien die dood, omdat julle nie wag gehou het oor julle heer, oor die gesalfde van die HERE nie. En kyk nou, waar is die spies van die koning en die waterkruik wat aan sy koppenent was!
1 SAMUEL 26:16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wat jy gedoen het, is nie goed nie. So seker as die Here leef, julle moet eintlik dood wees omdat julle nie by julle koning, die gesalfde van die Here, wag gestaan het nie. Kyk net 'n bietjie! Waar is die koning se spies en die waterkruik wat by sy koppenent was?”
1 SAMUEL 26:16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hierdie ding wat jy gedoen het, is nie goed nie. So waar as die HERE leef, julle verdien die dood, omdat julle nie wag gehou het by julle heer, die gesalfde van die HERE nie. Kyk nou 'n bietjie: Waar is die vegspies van die koning en die waterkruik wat by sy kop was?”
1 SAMUEL 26:16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hierdie ding is nie goed wat jy gedoen het nie. So waar as die HERE leef, julle is waardig om te sterwe, omdat julle julle heer, die gesalfde van die HERE, nie bewaar het nie. En kyk nou waar die spies van die koning is en die waterkruis wat by sy skut was.
1 SAMUEL 26:16 Die Boodskap (DB)
Jy maak nie mooi nie, Abner! Julle almal verdien die dood oor julle nie julle leier, die Here se gesalfde, oppas nie! Kyk ’n bietjie waar is die spies van die koning en sy waterkruik wat by sy kop was!”
1 SAMUEL 26:16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Dis nie ’n goeie ding nie! So waar as die HERE leef, jy en jou manskappe verdien die dood omdat julle nie julle koning, die gesalfde van die HERE, behoorlik opgepas het nie. Kyk ’n bietjie rond! Waar is die koning se spies en die waterkruik wat by sy kop gestaan het?”