1 SAMUEL 25:7-8
1 SAMUEL 25:7-8 Bybel vir almal (ABA)
En nou, ek het gehoor dat jy besig is om skape te skeer. Die wagters wat jou diere opgepas het, was by ons, en ons het hulle nie gepla nie. Niks het weggeraak in daardie tyd toe hulle by Karmel was nie. Jy kan jou manne vra, hulle sal vir jou sê dit is waar. Jy moet asseblief vriendelik wees met my manne, want vandag is 'n feesdag. Gee asseblief vir hulle en vir my, Dawid, ook van die kos wat jy het.’ ”
1 SAMUEL 25:7-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En nou, ek het gehoor dat u skeerders het; nou ja, u wagters was met ons saam; ons het hulle nie beledig nie, en hulle het ook niks vermis al die dae wat hulle in Karmel was nie. Vra u dienaars, en hulle sal u dit te kenne gee; laat dus die jongmanne guns vind in u oë, want ons het op 'n vrolike dag gekom; gee tog wat u byderhand het aan u dienaars en aan u seun Dawid.
1 SAMUEL 25:7-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek het verneem dat hulle besig is om by u te skeer. U skaapwagters was by ons en ons het hulle nie kwaad aangedoen nie. Hulle het niks vermis solank hulle in Karmel was nie. Vra maar u veewagters sodat hulle dit kan vertel. Wees dan tog my mense goedgesind. Ons het op die regte tyd gekom. Gee asseblief wat u kan afstaan aan u seun Dawid en sy manne.”
1 SAMUEL 25:7-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek hoor nou dat hulle besig is om vir u te skeer. Wel, die herders wat aan u behoort, was saam met ons. Ons het hulle nie verneder nie, en hulle het niks vermis die hele tyd wat hulle in Karmel was nie. Vra maar vir u jong manne en hulle sal dit vir u bevestig. Laat my jong manne dan nou guns vind in u oë, want dit is 'n goeie dag waarop ons gekom het. Gee dan asseblief wat u byderhand het vir u dienaars en vir u seun, vir Dawid.’ ”
1 SAMUEL 25:7-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En nou het ek gehoor dat jy skeerders het; nou, jou herders wat by ons was, ons het hulle geen kwaad aangedoen nie, en daar was geen iets vir hulle vermis nie, al die tyd wat hulle in Karmel was. Vra jou jongmanne, en hulle sal jou wys. Daarom, laat die jongmanne guns in u oë vind, want ons kom op 'n goeie dag; gee tog alles wat in u hand kom aan u dienaars en aan u seun Dawid.
1 SAMUEL 25:7-8 Die Boodskap (DB)
Sê vir hom ek het gehoor dis skeertyd. As hy vir sy werkers vra, sal hulle hom vertel dat ons sy skaapwagters altyd goed behandel het as hulle in ons omgewing was. In al die tyd wat hulle by Karmel was, het daar nooit ’n skaap weggeraak nie. Daarom verwag ek dat hy julle vriendelik sal ontvang. Dis buitendien ’n feestyd. Sê vir hom ek vra beleef dat hy vir my en vir julle sal gee wat hy kan.”
1 SAMUEL 25:7-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek het gehoor die skeerders is besig om by jou te skeer. Toe jou veewagters by ons was naby Karmel, het ons hulle nooit skade aangedoen nie, en niks is ooit van hulle gesteel nie. Vra maar jou wagters uit, en hulle sal dit as die waarheid bevestig. Daarom, wees asseblief vriendelik teenoor my mense. Kyk! Ons het juis tydens die feesvierings gekom. Gee ons asseblief enigiets wat jy beskikbaar het vir ons en jou vriend Dawid.’”