1 SAMUEL 25:36
1 SAMUEL 25:36 Bybel vir almal (ABA)
Toe Abigajil by Nabal kom, was hy besig om fees te vier in sy huis. Dit was 'n fees soos die fees van 'n koning. Hy het gelukkig gevoel en hy het baie dronk geword. Abigajil het vir Nabal niks vertel nie, sy het gewag tot vroeg die volgende oggend.
1 SAMUEL 25:36 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe Abígail by Nabal kom, het hy juis 'n maaltyd in sy huis aangerig soos die maaltyd van 'n koning; en Nabal se hart was vrolik in hom, en hy was baie dronk; daarom het sy hom niks, klein of groot, meegedeel totdat dit die môre lig word nie.
1 SAMUEL 25:36 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe Abigajil by Nabal kom, het hy in sy huis 'n feesmaal gehad soos 'n koning. Nabal was opgeruimd en baie dronk. Voor die oggend met ligdag het sy hom hoegenaamd niks vertel nie.