1 SAMUEL 25:15
1 SAMUEL 25:15 Bybel vir almal (ABA)
Maar Dawid se manne was baie goed vir ons. Daardie tyd toe ons rondgetrek het en toe hulle saam met ons in die veld was, het niks weggeraak nie.
1 SAMUEL 25:15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Tog was die manne vir ons baie goed; ook is ons nie beledig nie, en ons het niks vermis al die dae wat ons saam met hulle rondgetrek het toe ons in die veld was nie.
1 SAMUEL 25:15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Tog was die manne baie goed vir ons. Solank ons saam met hulle in die veld rondgetrek het, is ons nie kwaad aangedoen nie, en het ons niks vermis nie.
1 SAMUEL 25:15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar die manne was baie goed vir ons. Ons is nie verneder nie, en het niks vermis nie, die hele tyd wat hulle saam met ons rondgetrek het toe ons in die veld was.
1 SAMUEL 25:15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar die manne was baie goed vir ons, en ons het nie seergekry nie, en ons het niks gemis solank ons met hulle in kennis was toe ons in die veld was nie.