1 SAMUEL 24:23 - Compare All Versions

1 SAMUEL 24:23 ABA (Bybel vir almal)

Dawid het dit vir Saul belowe, en Saul het na sy huis gegaan. Dawid en sy manne het opgegaan in die berge.

1 SAMUEL 24:23 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Toe sweer Dawid vir Saul. En Saul het na sy huis gegaan, maar Dawid en sy manne het na die bergvesting opgetrek.

1 SAMUEL 24:23 AFR83 (Afrikaans 1983)

Nadat Dawid vir Saul 'n eed afgelê het, het Saul huis toe gegaan, maar Dawid en sy manne het opgegaan na die bergskuiling toe.

1 SAMUEL 24:23 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Dawid het toe vir Saul 'n eed afgelê, en Saul het na sy huis toe gegaan. Dawid en sy manne het egter na die bergskuiling opgegaan.

1 SAMUEL 24:23 DB (Die Boodskap)

Dawid het dit vir Saul belowe. Saul is daarna huis toe, maar Dawid en sy manne het weer opgegaan na die veilige plekke in die berge.

1 SAMUEL 24:23 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Dawid het toe ’n eed afgelê, en Saul is terug na sy huis toe. Maar Dawid en sy manskappe het na hulle bergskuiling toe teruggegaan.