1 SAMUEL 22:22
1 SAMUEL 22:22 Bybel vir almal (ABA)
Dawid het vir Abjatar gesê: “Ek het daardie dag geweet dat die Edomiet Doëg daar is en dat hy vir Saul sal vertel. Dit is mý skuld dat jou hele familie gesterf het.
1 SAMUEL 22:22 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
sê Dawid vir Ábjatar: Ek het daardie dag toe Doëg, die Edomiet, daar was, geweet dat hy dit sekerlik aan Saul sou vertel. Ek is die oorsaak van die dood van al die lede van u familie.
1 SAMUEL 22:22 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dawid het vir Abjatar gesê: “Ek het daardie dag toe Doëg die Edomiet daar was, geweet dat hy beslis alles vir Saul sou vertel. Ek het die lewe van jou hele familie in gevaar gestel.
1 SAMUEL 22:22 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
het Dawid vir Abjatar gesê: “Ek het daardie dag toe Doëg, die Edomiet, daar was, geweet dat hy dit beslis vir Saul gaan vertel. Eintlik het ek teen elke persoon in jou familie gedraai.
1 SAMUEL 22:22 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê Dawid vir Abjatar: Ek het daardie dag geweet toe Doëg, die Edomiet, daar was, dat hy sekerlik vir Saul sou sê: Ek het die dood veroorsaak van al die mense van jou vader se huis.