1 SAMUEL 22:18
1 SAMUEL 22:18 Bybel vir almal (ABA)
Die koning sê toe vir Doëg: “Dan moet jý die priesters aanval.” Die Edomiet Doëg het toe die priesters aangeval. Hy het daardie dag 85 priesters doodgemaak, manne wat die linne- skouer-kleed dra.
1 SAMUEL 22:18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarop sê die koning vir Doëg: Tree jy nader en val op die priesters aan. Toe tree Doëg, die Edomiet, nader en hý val op die priesters aan; en hy het op dié dag vyf-en-tagtig man wat die linneskouerkleed dra, gedood.
1 SAMUEL 22:18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe sê die koning vir Doëg: “Spring onder hulle in en val die priesters aan.” Doëg die Edomiet het onder hulle ingespring, die priesters aangeval en daardie dag vyf en tagtig man wat die linneskouerkleed dra, doodgemaak.
1 SAMUEL 22:18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe sê die koning vir Doëg: “Draai jy om en val die priesters aan!” Toe draai Doëg, die Edomiet, om en val self die priesters aan. Hy het daardie dag vyf-en-tagtig manne wat die linne-efod dra, doodgemaak.
1 SAMUEL 22:18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê die koning vir Doëg: Draai jou om en val op die priesters. En Doëg, die Edomiet, het omgedraai, en hy het op die priesters geval en op dié dag vyf en tagtig mense gedood wat 'n linneskouerkleed gedra het.