1 SAMUEL 22:17
1 SAMUEL 22:17 Bybel vir almal (ABA)
Die koning sê toe vir die manne wat by hom staan: “Julle moet die priesters aanval en julle moet hulle doodmaak, want hulle het ook vir Dawid gehelp. Hulle het geweet dat hy vlug en hulle het dit nie vir my kom sê nie.” Maar die amptenare van die koning wou nie die priesters van die Here aanval en doodmaak nie.
1 SAMUEL 22:17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die koning sê aan die hardlopers wat by hom staan: Tree nader en maak die priesters van die HERE dood, omdat hulle hand ook met Dawid saam is en omdat hulle geweet het dat hy vlug en dit nie aan my geopenbaar het nie. Maar die dienaars van die koning wou hulle hand nie uitsteek om op die priesters van die HERE aan te val nie.
1 SAMUEL 22:17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe beveel die koning die hardlopers wat by hom staan: “Pak hulle en maak dood die priesters van die Here, want hulle is aan Dawid se kant. Hulle het baie goed geweet dat hy vlug en hulle het my dit nie vertel nie.” Maar die amptenare van die koning wou nie 'n vinger verroer om die priesters van die Here aan te val nie.
1 SAMUEL 22:17 Die Boodskap (DB)
Hy sê toe vir sy wagte wat daar by hom staan: “Komaan! Maak die priesters van die Here dood, want húlle is ook aan Dawid se kant en hulle het geweet hy vlug, maar hulle het my nie kom sê nie!” Maar die koning se amptenare het g’n hand verroer nie; hulle wou nie die priesters van die Here aanval nie.
1 SAMUEL 22:17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Toe beveel hy die lyfwagte rondom hom: “Maak die priesters van die HERE dood, want hulle is kop in een mus met Dawid. Hulle het geweet dat hy van my af vlug, maar het my nie laat weet nie!” Maar Saul se wagte het geweier om die priesters van die HERE dood te maak.