1 SAMUEL 22:15
1 SAMUEL 22:15 Bybel vir almal (ABA)
Dit is ook nie die eerste maal dat ek tot die Here bid en vra of dit goed sal gaan met Dawid nie. Nee, die koning moenie dink dat ek en my familie iets gedoen het wat verkeerd is nie, want ek het niks geweet van planne teen jou nie, heeltemal niks.”
1 SAMUEL 22:15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Het ek vandag vir die eerste keer God vir hom geraadpleeg? Dit is ver van my! Die koning moet nie op sy dienaar, op my hele familie, iets lê nie; want u dienaar het van hierdie hele saak, klein of groot, niks af geweet nie.
1 SAMUEL 22:15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit is in elk geval nie die eerste keer dat ek God vir hom geraadpleeg het nie. Die koning moet my en my hele familie nie van iets beskuldig nie, want ek het beslis niks van die hele saak af geweet nie.”
1 SAMUEL 22:15 Die Boodskap (DB)
Dit was ook nie die eerste keer dat ek vir God gevra het wat Dawid moet doen nie. Ek het dit al baie gedoen! U Majesteit moet asseblief nie hierdie dienaar van u of sy familie van enigiets beskuldig nie, want ek het heeltemal niks geweet van hierdie hele saak nie.”