1 SAMUEL 20:31
1 SAMUEL 20:31 Bybel vir almal (ABA)
Want jy sal nie koning kan word terwyl die seun van Isai lewe nie. Stuur nou dadelik manne om hom te gaan haal, hy moet sterf!”
1 SAMUEL 20:31 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want al die dae dat die seun van Ísai op die aarde lewe, sal jy en jou koningskap nie bevestig word nie; stuur dan nou en bring hom na my, want hy moet sterwe.
1 SAMUEL 20:31 Afrikaans 1983 (AFR83)
Solank die seun van Isai op hierdie aarde leef, sal daar nie plek wees vir jou en jou koningskap nie. Stuur en bring hom na my toe, hy moet dood!”
1 SAMUEL 20:31 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want solank die seun van Isai op aarde leef, sal nie jy of jou koningskap staande bly nie. En nou, stuur iemand en bring hom na my! Hy is so goed soos dood!”
1 SAMUEL 20:31 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want so lank as die seun van Isai op die aarde leef, sal jy nie bevestig word nie, ook nie jou koninkryk nie. Stuur dan nou en haal hom na my, want hy sal sekerlik sterwe.