1 SAMUEL 20:30
1 SAMUEL 20:30 Bybel vir almal (ABA)
Saul was kwaad vir Jonatan, hy het gesê: “Jy is soos die seun van 'n slegte en ontrou vrou! Ek weet jy wil vir die seun van Isai help teen my. Jy het jou eie naam en jou ma se naam sleg gemaak.
1 SAMUEL 20:30 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe ontvlam die toorn van Saul teen Jónatan, en hy sê vir hom: Jou ontaarde, wederstrewige seun, weet ek nie dat jy die seun van Ísai verkies tot jou skande en tot skande van jou moeder se naaktheid nie?
1 SAMUEL 20:30 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe het Saul hom bloedig vererg vir Jonatan en gesê: “Jou rebelse ellendeling! Jy verkies mos die seun van Isai tot jou eie skande en tot skande van jou ma wat jou in die wêreld gebring het.
1 SAMUEL 20:30 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Saul het hom vir Jonatan vererg en vir hom gesê: “Jou eiewys klein misbaksel! Weet ek nie maar te goed dat jy die seun van Isai verkies, tot jou eie skande en tot skande van jou ma wat aan jou geboorte gegee het nie?
1 SAMUEL 20:30 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe ontvlam Saul se toorn teen Jónatan, en hy sê vir hom: Jou seun van die verkeerde wederstrewige vrou, weet ek nie dat jy die seun van Isai uitverkies het tot jou eie wanorde en tot verwarring van jou moeder se naaktheid nie?