1 SAMUEL 20:3
1 SAMUEL 20:3 Bybel vir almal (ABA)
Maar Dawid het gesê: “Nee, dit is seker. Jou pa weet baie goed jy hou van my, en hy het gedink jy moenie hiervan weet nie, dan sal jy nie sleg voel nie. Maar so seker soos die Here lewe en so seker soos jy lewe, ek is baie naby die dood.”
1 SAMUEL 20:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe sweer Dawid verder en sê: Jou vader weet baie goed dat ek guns in jou oë gevind het; daarom het hy gedink: Laat Jónatan dit nie weet nie, anders word hy bedroef. Maar so waar as die HERE leef en jou siel leef, daar is maar net een tree tussen my en die dood!
1 SAMUEL 20:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dawid het toe vir Jonatan met 'n eed verseker: “Jou pa weet baie goed dat jy van my hou en hy het gedink: Jonatan mag dit nie weet nie sodat hy nie sleg voel nie. Maar so seker as die Here leef en so seker as jy leef, daar is maar net een tree tussen my en die dood.”
1 SAMUEL 20:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar Dawid het verder onder eed verklaar en gesê: “Jou pa weet baie goed dat ek jou guns gewen het, daarom dink hy, ‘Jonatan mag nie hiervan weet nie, anders is hy ontsteld.’ Maar so waar as die HERE leef en jy leef: Daar is maar net een tree tussen my en die dood!”
1 SAMUEL 20:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Dawid het verder gesweer en gesê: Jou vader weet sekerlik dat ek genade in jou oë gevind het; en hy sê: Laat Jónatan dit nie weet nie, dat hy nie bedroef word nie; maar so waar as die HERE leef en u siel leef, daar is maar 'n tree tussen my en die dood.
1 SAMUEL 20:3 Die Boodskap (DB)
Maar Dawid sê: “So waar as die Here leef, Jonatan, jou pa weet baie goed dat jy erg is oor my, en ek is seker hy het vir homself gesê: ‘Jonatan moet nie hiervan weet nie, want dit sal hom ontstel.’ Ek verseker jou, so waar as die Here leef en so waar as jy leef: daar is maar een tree tussen my en die dood.”
1 SAMUEL 20:3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Maar Dawid het onder eed gesê: “Jou pa weet dat ons goed bevriend is en toe dink hy: ‘Ek sal dit nie vir Jonatan sê nie sodat ek hom nie seermaak nie.’ Wees verseker, so waar as die HERE en jy leef, daar is maar net een tree tussen my en die dood.”