1 SAMUEL 20:25
1 SAMUEL 20:25 Bybel vir almal (ABA)
Hy het gesit op die plek waar hy altyd gesit het, op die sitplek teen die muur. Jonatan het gestaan, en Abner het langs Saul gesit. Dawid se plek was leeg.
1 SAMUEL 20:25 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
die koning het op sy sitplek gaan sit soos die vorige kere, op die sitplek teen die muur; en Jónatan het opgestaan, en Abner het langs Saul gesit, maar Dawid se plek was leeg.
1 SAMUEL 20:25 Afrikaans 1983 (AFR83)
en hy het soos gewoonlik op sy plek teen die muur gaan sit. Jonatan het regoor hom gesit en Abner langs Saul. Dawid se leë plek is opgemerk
1 SAMUEL 20:25 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe die koning op sy plek gaan sit soos die vorige kere, op die plek teen die muur, het Jonatan opgestaan. Abner het langs Saul gesit, en Dawid se plek was leeg.
1 SAMUEL 20:25 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die koning het op sy stoel gaan sit, soos die vorige kere, op 'n stoel by die muur