1 SAMUEL 20:21
1 SAMUEL 20:21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En kyk, ek sal die dienaar stuur en sê: Gaan soek die pyle! As ek uitdruklik aan die dienaar sê: Daar is die pyle, van jou af duskant toe, bring dit — dan kan jy maar kom; want jy is veilig en daar is niks nie, so waar as die HERE leef!
1 SAMUEL 20:21 Bybel vir almal (ABA)
en ek sal die seun wat by my is, stuur om die pyle te gaan haal. As ek hard vir die seun sê: ‘Kyk, die pyle is tussen my en jou, bring hulle,’ dan moet jy kom, want dan is daar nie probleme nie, so seker soos die Here lewe.
1 SAMUEL 20:21 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dan sal ek my slaaf stuur: ‘Gaan soek die pyle.’ As ek uitdruklik vir hom sê: ‘Kyk, die pyle is duskant jou; tel hulle op en kom!’ is jy veilig en so seker as die Here leef, daar is dan geen gevaar nie.
1 SAMUEL 20:21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Kyk, dan gaan ek my jong dienaar stuur met die woorde, ‘Gaan soek die pyle!’ As ek duidelik vir die jong dienaar sê, ‘Kyk, die pyle is van jou af duskant toe; kry dit!’ kom dan, want jy is veilig en daar is geen probleem nie, so waar as die HERE leef!
1 SAMUEL 20:21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En kyk, Ek stuur 'n seun wat sê: Gaan soek die pyle. As ek uitdruklik vir die seun sê: Kyk, die pyle is aan die ander kant van jou, neem dit; dan kom jy, want daar is vrede vir jou en geen kwaad nie; so waar as die HERE leef.