1 SAMUEL 20:13
1 SAMUEL 20:13 Bybel vir almal (ABA)
En as my pa besluit het om jou dood te maak, dan sal ek ook vir jou laat weet. Ek sal jou laat weggaan sodat jy veilig kan wees. Die Here moet my straf as ek dit nie doen nie. En ek bid dat die Here by jou sal wees soos Hy by my pa was.
1 SAMUEL 20:13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Mag die HERE so aan Jónatan doen en so daaraan toedoen: as my vader goedvind om onheil oor jou te bring, dan sal ek jou dit openbaar en jou laat gaan, dat jy veilig kan wegkom; en mag die HERE met jou wees soos Hy met my vader gewees het.
1 SAMUEL 20:13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Mag die Here my om die lewe bring as my pa besluit het om jou dood te maak en ek jou dit nie in die oor fluister nie en jou nie kans gee om veilig weg te kom nie. Mag die Here by jou wees soos Hy by my pa was.
1 SAMUEL 20:13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Mag die HERE vir my, Jonatan, swaar straf as ek dít nie doen nie: As onheil oor jou my pa se keuse is, sal ek jou inlig en jou wegstuur, dat jy veilig kan weggaan. En mag die HERE dan by jou wees, soos Hy by my pa was.
1 SAMUEL 20:13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die HERE doen so en nog baie meer aan Jónatan; maar as dit my vader behaag om kwaad aan jou te doen, dan sal Ek dit jou te kenne gee en jou wegstuur, dat jy in vrede kan gaan; en die HERE sal met jou wees soos Hy by my pa was.