1 SAMUEL 2:36
1 SAMUEL 2:36 Bybel vir almal (ABA)
Elkeen in jou familie wat aanhou lewe, sal voor my priester kom buig om 'n bietjie geld of 'n klein broodjie te kry. Hy sal vra: ‘Laat my asseblief 'n priester wees, sodat ek 'n bietjie kos kan hê om te eet.’ ”
1 SAMUEL 2:36 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En almal wat in jou huis oorbly, sal kom om hulle voor hom neer te buig vir 'n geldstukkie en 'n broodjie, en hulle sal sê: Voeg my tog by een van die priesterordes, dat ek 'n stukkie brood kan eet.
1 SAMUEL 2:36 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar elkeen wat uit jou familie oorbly, sal voor my priester kom buig vir 'n geldstukkie of 'n snytjie brood en sê: Neem my tog op in een van die priesterordes dat ek 'n stukkie brood kan hê om te eet!”
1 SAMUEL 2:36 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En elkeen wat oorbly in jou familie, sal kom om diep voor hom te buig vir 'n stukkie silwer en 'n ronde brood. En hulle sal sê: “Stel my asseblief aan by een van die priesterlike take, sodat ek 'n stukkie brood het om te eet.” ’ ”
1 SAMUEL 2:36 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En elkeen wat in jou huis oorbly, sal o men by hom buig vir 'n silwerstuk en 'n stukkie brood en sê: Sit my tog in een van die priesters. Ampte, dat ek 'n stukkie brood kan eet.