1 SAMUEL 2:25
1 SAMUEL 2:25 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer 'n mens sonde doen teen 'n ander mens, dan kan die regters oordeel, maar wanneer 'n mens sonde doen teen God, wie moet dan oordeel?” Maar die seuns van Eli het nie geluister na hulle pa nie, want die Here wou hulle laat sterf.
1 SAMUEL 2:25 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
As mens teen mens sondig, dan beslis die owerheid oor hom, maar as 'n mens teen die HERE sondig, wie sal dan vir hom as skeidsregter optree? Maar hulle het nie na hul vader geluister nie, want die HERE wou hulle ombring.
1 SAMUEL 2:25 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wanneer een mens teen 'n ander mens verkeerd optree, sal die regters die saak uitmaak, maar as 'n mens teen die Here sondig, wie sal dan die saak uitmaak?” Hulle het egter nie na hulle pa se vermaning geluister nie, want die Here het besluit om hulle dood te maak.
1 SAMUEL 2:25 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
As een mens teen 'n ander mens sondig, kan God die saak vir hom beslis. Maar as dit teen die HERE is wat 'n mens sondig, wie sal dan sy saak behartig?” Hulle het egter nie na hulle vader geluister nie, want die HERE wou hulle om die lewe bring.
1 SAMUEL 2:25 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
As die een teen die ander sondig, moet die regter hom oordeel; maar as iemand teen die HERE sondig, wie sal vir hom smeek? Maar hulle het nie na die stem van o menader geluister nie, want die HERE sou hulle doodmaak.