1 SAMUEL 2:20
1 SAMUEL 2:20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dan het Eli vir Elkana en sy vrou geseën en gesê: “Mag die Here jou uit hierdie vrou 'n nageslag gee in die plek van die seun wat van die Here afgesmeek is.” Daarna is hulle weer huis toe.
1 SAMUEL 2:20 Bybel vir almal (ABA)
Eli het Elkana en sy vrou geseën en gesê: “Jy en jou vrou het hierdie kind vir die Here geleen. Ek bid dat die Here vir julle nog kinders sal gee in sy plek.” Daarna het Elkana en sy huisgesin teruggegaan na sy huis.
1 SAMUEL 2:20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Dan seën Eli Élkana en sy vrou en sê: Mag die HERE jou 'n nageslag gee uit hierdie vrou ter vergoeding van wat aan die HERE afgestaan is. Daarop gaan hulle na sy woonplek toe.
1 SAMUEL 2:20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dan het Eli vir Elkana en sy vrou geseën. Hy het gesê: “Mag die HERE vir jou uit hierdie vrou 'n nageslag vestig in die plek van hom wat van die HERE gevra is. ” Daarna het hulle na hulle woonplek gegaan.
1 SAMUEL 2:20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Eli het Elkana en sy vrou geseën en gesê: Mag die HERE jou nageslag van hierdie vrou gee vir die lening wat aan die HERE geleen is. En hulle het na hul eie huis gegaan.