1 SAMUEL 18:6-9
1 SAMUEL 18:6-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Toe hulle terugkeer huis toe ná Dawid se oorwinning oor die Filistyn, het die vroue uit al die dorpe van Israel koning Saul tegemoetgegaan. Hulle het gesing en gejubel saam met dansers met tamboeryne en met driesnarige instrumente. Die vroue het gesing en gesê: “Saul het sy duisende verslaan, maar Dawid sy tienduisende.” Saul het gebrand van jaloesie, en die woorde was vir hom ’n belediging. Hy sê toe: “Aan Dawid het hulle tienduisende gegee, maar vir my net die duisende. Al wat hy nog kortkom, is die koningskap!” Van daardie dag af het Saul vir Dawid gewantrou.
1 SAMUEL 18:6-9 Bybel vir almal (ABA)
Nadat Dawid die Filistyn oorwin het, het Saul en sy manne teruggekom, en toe het daar iets gebeur. Die vroue het uit al die stede van Israel na koning Saul toe gekom. Hulle het gesing en gedans en musiek gemaak met tamboeryne en driehoeke. Hulle was vrolik, hulle het gelag en gesing en hulle het gesê: “Saul het duisende manne oorwin, maar Dawid het tienduisende oorwin.” Saul het baie kwaad geword, hy het niks daarvan gehou nie. Hy het gesê: “Hulle sê Dawid het tienduisende manne oorwin, maar ek het net duisende oorwin. As hulle so aanhou praat, dan sal hy die koning word in my plek.” Daarom het Saul van daardie dag goed gekyk of Dawid iets verkeerd doen.
1 SAMUEL 18:6-9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En toe hulle tuis kom, en ook Dawid terug was nadat hy die Filistyn verslaan het, het die vroue uitgegaan uit al die stede van Israel met sang en koordanse, met tamboeryne, met vreugdegeroep en met triangels koning Saul tegemoet. En die vroue wat vrolik was, het gesing en gesê: Saul het sy duisende verslaan, maar Dawid sy tienduisende! En Saul het baie kwaad geword, want hierdie woord was verkeerd in sy oë. En hy sê: Hulle het Dawid die tienduisende gegee, maar my die duisende gegee; hy moet nou nog net die koningskap kry! En van dié dag af en verder het Saul die oog op Dawid gehad.
1 SAMUEL 18:6-9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe Dawid teruggekom het nadat hy die Filistyn verslaan het en Saul-hulle op pad was huis toe, het die vroue van al die dorpe van Israel uitgegaan om te sing, en die danseresse het koning Saul tegemoet gegaan met tamboeryne en driesnarige musiekinstrumente en met gejubel. Die vroue het gedans en gesing: “Saul het sy duisende verslaan, maar Dawid sy tienduisende!” Daaroor het Saul hom vererg. Dit het hom nie geval nie en hy het gesê: “Aan Dawid het hulle tienduisende gegee en aan my duisende. Die koningskap sal ook nog syne word!” Van toe af het Saul vir Dawid gewantrou.
1 SAMUEL 18:6-9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Met hulle aankoms, toe Dawid terugkeer van sy oorwinning oor die Filistyn, het vroue uit al die stede van Israel gekom om te sing en koning Saul met kringdanse tegemoet te gaan, met tamboeryne, vreugderoepe en driesnarige instrumente. Die dansende vroue het gesing en gesê: “Saul het sy duisende verslaan, maar Dawid sy tienduisende.” Saul het baie kwaad geword. Hierdie saak was verkeerd in sy oë. Hy het gesê: “Aan Dawid gee hulle tienduisende, maar aan my gee hulle die duisende. Hy moet nou nog net die koningskap kry. ” Van daardie dag af het Saul vir Dawid wantrouig dopgehou.
1 SAMUEL 18:6-9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En terwyl hulle aankom, toe Dawid teruggekeer het van die slagting van die Filistyn, het die vroue uit al die stede van Israel uitgegaan, singend en dansend, koning Saul tegemoet, met trommels, met blydskap en met instrumente van musiek. En die vroue het mekaar geantwoord terwyl hulle speel en gesê: Saul het sy duisende verslaan, en Dawid sy tienduisende. En Saul was baie toornig, en die woord was verkeerd in hom; en hy sê: Hulle het aan Dawid tien duisende toegeskryf, en aan My het hulle maar duisende toegeskryf; en wat kan hy meer hê as die koninkryk? En Saul het Dawid van daardie dag af en verder gekyk.
1 SAMUEL 18:6-9 Die Boodskap (DB)
Toe die manne terugkom van die oorlog af waarin Dawid die Filistyn doodgemaak het, het die vroue uit al die dorpe van Israel uitgegaan om koning Saul te groet. Hulle het vrolike liedjies gesing, in die rondte gedans en op tamboeryne en ander musiekinstrumente gespeel. Die vroue het gesing: “Saul het duisende verslaan en Dawid tien duisende.” Daaroor het Saul baie kwaad geword. Hy het niks van die liedjie se woorde gehou nie en gedink: “Hulle prys Dawid vir tien duisende wat hy gewen het, maar mý prys hulle net vir duisende. Hulle moet hom nou nog net koning maak!” Van daardie dag af het Saul Dawid nie vertrou nie.
1 SAMUEL 18:6-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Toe hulle terugkeer huis toe ná Dawid se oorwinning oor die Filistyn, het die vroue uit al die dorpe van Israel koning Saul tegemoetgegaan. Hulle het gesing en gejubel saam met dansers met tamboeryne en met driesnarige instrumente. Die vroue het gesing en gesê: “Saul het sy duisende verslaan, maar Dawid sy tienduisende.” Saul het gebrand van jaloesie, en die woorde was vir hom ’n belediging. Hy sê toe: “Aan Dawid het hulle tienduisende gegee, maar vir my net die duisende. Al wat hy nog kortkom, is die koningskap!” Van daardie dag af het Saul vir Dawid gewantrou.