1 SAMUEL 17:5
1 SAMUEL 17:5 Bybel vir almal (ABA)
Op sy kop was 'n helm van brons en hy het 'n harnas van brons-plate aangehad. Die harnas het 5 000 sikkels geweeg.
1 SAMUEL 17:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daar was 'n koperhelm op sy hoof, en hy het 'n pantser van skubbe aangehad — die gewig van die pantser was vyfduisend sikkels koper
1 SAMUEL 17:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar was 'n bronshelm op sy kop, en hy het 'n harnas met skubbe aangehad. Die gewig van die harnas was sewe en vyftig kilogram.
1 SAMUEL 17:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daar was 'n helm van brons op sy kop, en hy het 'n geskubde harnas aangehad. Die gewig van die harnas was vyfduisend sikkel brons.
1 SAMUEL 17:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy het 'n helm van koper op sy hoof gehad, en hy was gewapen met 'n pantser; en die gewig van die rok was vyf duisend sikkels koper.