1 SAMUEL 17:48 - Compare All Versions

1 SAMUEL 17:48 ABA (Bybel vir almal)

Toe die Filistyn gereedmaak en nader kom om teen Dawid te veg, het Dawid vinnig vorentoe gehardloop om by hom te kom.

1 SAMUEL 17:48 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Toe die Filistyn hom dan klaarmaak en aldeur nader kom om Dawid te ontmoet, loop Dawid gou na die vegterrein om die Filistyn te ontmoet

1 SAMUEL 17:48 AFR83 (Afrikaans 1983)

Toe die Filistyn regmaak en nader kom om Dawid te ontmoet, het Dawid die Filistyn vinnig op die vegterrein tegemoet gehardloop.

1 SAMUEL 17:48 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Toe die Filistyn gereedmaak en al nader kom om Dawid tegemoet te loop, het Dawid die Filistyn vinnig tegemoet gehardloop in die rigting van die gevegslinie.

1 SAMUEL 17:48 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En toe die Filistyn hom klaarmaak en nader kom om Dawid te ontmoet, het Dawid hom gehaas en na die leër gehardloop om die Filistyn te ontmoet.

1 SAMUEL 17:48 DB (Die Boodskap)

Toe die Filistyn hom gereedmaak en nader kom om teen Dawid te veg, het Dawid vinnig nader gehardloop om hóm aan te val.

1 SAMUEL 17:48 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Die Filistyn het al nader gekom, maar Dawid het hom vinnig tegemoetgegaan.