1 SAMUEL 16:18
1 SAMUEL 16:18 Bybel vir almal (ABA)
Een van die amptenare het toe gesê: “Ek het gesien een van Isai van Betlehem se seuns kan goed musiek maak op die lier. Hy is 'n belangrike man en hy kan goed oorlog maak en goed praat. Hy is mooi en die Here is by hom.”
1 SAMUEL 16:18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En een van die dienaars antwoord en sê: Kyk, ek het 'n seun van Ísai, die Betlehemiet, gesien wat kan speel, en hy is 'n dapper held en 'n krygsman en wel ter tale en mooi gebou, en die HERE is met hom.
1 SAMUEL 16:18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Een van die amptenare antwoord hom: “Ek het 'n seun van Isai die Betlehemmer hoor speel. Hy is 'n dapper man en 'n goeie vegter. Hy kan sy woord goed doen en het 'n goeie voorkoms. Die Here is by hom.”
1 SAMUEL 16:18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Een van die jong manne antwoord toe en sê: “Kyk, ek het 'n seun van Isai, van Betlehem, gesien wat weet hoe om te speel. Hy is 'n dapper kryger, 'n krygsman; hy kan sy woord goed doen en is aantreklik. En die HERE is met hom. ”
1 SAMUEL 16:18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe antwoord een van die diensknegte en sê: Kyk, ek het 'n seun van Isai, die Betlehemiet, gesien wat slinks is om te speel, en 'n dapper magtige man en 'n krygsman en verstandig in sake en 'n mooi mens; en die HERE is met hom.