1 SAMUEL 16:1
1 SAMUEL 16:1 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het vir Samuel gesê: “Jy moenie aanhou huil en treur oor Saul nie. Ek het besluit hy sal nie meer koning wees oor Israel nie. Jy moet jou horing vol olyf-olie maak en gaan. Ek stuur jou na Isai toe in die stad Betlehem. Ek het gesien een van sy seuns kan die koning wees wat Ek wil hê.”
1 SAMUEL 16:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
DAARNA sê die HERE aan Samuel: Hoe lank sal jy treur oor Saul, terwyl Ek hom verwerp het om koning te wees oor Israel? Vul jou horing met olie en gaan heen: Ek stuur jou na Ísai, die Betlehemiet, want Ek het onder sy seuns vir My 'n koning uitgesoek.
1 SAMUEL 16:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here het vir Samuel gesê: “Hoe lank gaan jy nog oor Saul treur nadat Ek hom as koning oor Israel verwerp het? Maak 'n horing vol olie en gaan na Betlehem toe! Ek stuur jou na Isai toe, want onder sy seuns sien Ek vir My 'n koning.”
1 SAMUEL 16:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE het vir Samuel gesê: “Hoe lank gaan jy nog treur oor Saul? Dit is Ek wat hom verwerp het as koning oor Israel. Vul jou horing met olie en vertrek. Ek stuur jou na Isai van Betlehem, want tussen sy seuns het Ek vir My 'n koning gesien. ”
1 SAMUEL 16:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê die HERE vir Samuel: Hoe lank sal jy oor Saul treur, terwyl Ek hom verwerp het om oor Israel te heers? vul jou horing met olie, en gaan, Ek stuur jou na Isai, die Betlehemiet, want Ek het vir my 'n koning onder sy seuns voorsien.
1 SAMUEL 16:1 Die Boodskap (DB)
Die Here het vir Samuel gesê: “Hoe lank gaan jy nog oor Saul huil noudat Ek nie meer wil hê hy moet die koning van Israel wees nie? Maak ’n beeshoring vol olyfolie en gaan na Isai toe wat in Betlehem bly. Ek stuur jou na hom toe, want Ek het gesien een van sy seuns sal ’n goeie koning wees.”
1 SAMUEL 16:1 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die HERE het weer met Samuel gepraat: “Jy het nou lank genoeg oor Saul getreur vandat Ek besluit het dat hy nie langer koning van Israel moet wees nie. Maak ’n horing vol olie en gaan na Betlehem toe. Daar moet jy ’n man met die naam Isai soek. Ek het besluit dat een van sy seuns die nuwe koning sal wees.”