1 SAMUEL 15:19
1 SAMUEL 15:19 Bybel vir almal (ABA)
Hoekom het jy nie gedoen wat die Here vir jou gesê het nie? En hoekom het jy so vinnig hulle goed gaan vat en iets gaan doen waarvan die Here nie hou nie?”
1 SAMUEL 15:19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Waarom het jy dan nie na die stem van die HERE geluister nie en op die buit afgestorm en gedoen wat verkeerd is in die oë van die HERE?
1 SAMUEL 15:19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Waarom het jy nie na die bevel van die Here geluister nie? En waarom het jy jou aan die buit vergryp en hierdie ding gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here?”
1 SAMUEL 15:19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Waarom het jy dan nie na die stem van die HERE geluister nie, maar op die buit afgestorm en gedoen wat verkeerd is in die oë van die HERE?”
1 SAMUEL 15:19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Waarom het jy dan nie na die stem van die HERE geluister nie, maar op die buit gevlieg en gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE?