1 SAMUEL 15:17
1 SAMUEL 15:17 Bybel vir almal (ABA)
Toe sê Samuel: “Jy het gesê jy is nie 'n belangrike man nie, maar jy is nou die hoof van die stamme van Israel. Die Here het jou gesalf en Hy het jou koning oor Israel gemaak.
1 SAMUEL 15:17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Samuel sê: Is jy, hoewel jy klein was in jou eie oë, nie tog die hoof van die stamme van Israel nie? En die HERE het jou as koning oor Israel gesalf.
1 SAMUEL 15:17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe sê Samuel: “Al is jy klein in jou eie oë, is jy tog die hoof van die stamme van Israel. Die Here het jou gesalf tot koning oor Israel.
1 SAMUEL 15:17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Samuel sê toe: “Is jy nie, alhoewel jy klein is in jou eie oë, die hoof van die stamme van Israel nie? En het die HERE jou nie as koning gesalf oor Israel nie?
1 SAMUEL 15:17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê Samuel: Toe jy klein was in jou eie oë, is jy nie die hoof van die stamme van Israel aangestel nie, en die HERE het jou as koning oor Israel gesalf?