1 SAMUEL 15:10-11
1 SAMUEL 15:10-11 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het vir Samuel gesê: “Ek is jammer dat Ek vir Saul koning gemaak het, want hy was ontrou, hy het nie gedoen wat Ek gesê het nie.” Samuel was baie bekommerd en ontsteld. Hy het die hele nag tot die Here gebid en gevra dat die Here hom moet help.
1 SAMUEL 15:10-11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die woord van die HERE het tot Samuel gekom en gesê: Ek het berou gekry dat Ek Saul koning gemaak het, want hy het van My afvallig geword en my woorde nie uitgevoer nie. Toe het Samuel kwaad geword en die hele nag deur die HERE aangeroep.
1 SAMUEL 15:10-11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe het die woord van die Here tot Samuel gekom: “Ek is bedroef daaroor dat Ek Saul koning gemaak het, want hy het van My af weggedraai en nie my opdragte uitgevoer nie.” Samuel was ontsteld en hy het die Here die hele nag om uitkoms gesmeek.
1 SAMUEL 15:10-11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe het die woord van die HERE tot Samuel gekom: “Ek is spyt dat Ek Saul as koning aangestel het, want hy het van My af weggedraai en my opdragte nie uitgevoer nie.” Samuel was ontsteld en het die hele nag na die HERE om hulp geroep.
1 SAMUEL 15:10-11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe het die woord van die HERE tot Samuel gekom en gesê: Dit berou my dat ek Saul as koning aangestel het, want hy het van my afgewyk en my gebooie nie uitgevoer nie. En dit het Samuel bedroef; en hy het die HERE die hele nag aangeroep.