1 SAMUEL 14:1
1 SAMUEL 14:1 Bybel vir almal (ABA)
Eendag het Jonatan seun van Saul vir sy wapendraer gesê: “Kom, ek wil hê ons moet die Filistyne gaan aanval wat daar oorkant wagstaan.” Jonatan het nie vir sy pa vertel wat hy wou doen nie.
1 SAMUEL 14:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN op 'n dag het Jónatan, die seun van Saul, aan die dienaar wat sy wapens dra, gesê: Kom, ons gaan oor na die wagpos van die Filistyne wat daar oorkant is. Maar aan sy vader het hy dit nie te kenne gegee nie.
1 SAMUEL 14:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Op 'n dag sê Jonatan seun van Saul toe vir sy wapendraer: “Kom ons gaan oor na die patrollie van die Filistyne toe daar oorkant.” Hy het dit egter nie vir sy pa vertel nie.
1 SAMUEL 14:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Op 'n dag sê Jonatan, seun van Saul, vir die jong man wat sy wapens dra: “Kom ons gaan oor na die garnisoen van die Filistyne daar oorkant.” Maar vir sy vader het hy dit nie vertel nie.
1 SAMUEL 14:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En op 'n dag het Jónatan, die seun van Saul, aan die jongman wat sy wapenrusting gedra het, gesê: Kom, laat ons oortrek na die wagpos van die Filistyne wat anderkant is. Maar hy het dit nie vir sy pa vertel nie.