1 SAMUEL 13:3
1 SAMUEL 13:3 Bybel vir almal (ABA)
Jonatan het die Filistyne oorwin wat by die stad Geba moes wagstaan, en die ander Filistyne het gehoor wat gebeur het. Saul het toe gesê sy manne moet ramshorings blaas oral in die land en hulle moet vir die Hebreërs sê dat hulle moet luister.
1 SAMUEL 13:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Jónatan het die wagpos van die Filistyne verslaan wat in Geba was, en die Filistyne het dit gehoor. Daarop het Saul op die ramshoring laat blaas in die hele land om te sê: Laat die Hebreërs dit hoor!
1 SAMUEL 13:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe Jonatan die Filistynse wagpos wat in Gibea was, oorrompel het, het die Filistyne daarvan gehoor. Saul het oor die hele land die ramshoring laat blaas om die Hebreërs op te roep.
1 SAMUEL 13:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jonatan het die Filistynse wagpos wat in Gibea was, aangeval, en die Filistyne het daarvan te hore gekom. Saul het in die hele land op die •ramshoring laat blaas om te laat weet: “Die Hebreërs moet dit hoor!”
1 SAMUEL 13:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Jónatan het die wagpos van die Filistyne wat in Geba was, verslaan, en die Filistyne het daarvan gehoor. En Saul het op die basuin geblaas deur die hele land en gesê: Laat die Hebreërs hoor!