1 SAMUEL 11:4
1 SAMUEL 11:4 Bybel vir almal (ABA)
Toe die boodskappers in die stad Gibea-van-Saul kom en vir die mense daar alles vertel, het al die mense hard begin huil.
1 SAMUEL 11:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die boodskappers het in Gíbea van Saul gekom en die woorde voor die ore van die volk gespreek. Daarop verhef die hele volk hulle stem en ween.
1 SAMUEL 11:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die boodskappers het by Saul se stad Gibea gekom en ten aanhore van die volk die hele saak uiteengesit. En die hele volk het hard gehuil.
1 SAMUEL 11:4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe die boodskappers in Gibea van Saul aankom en die voorwaardes ten aanhore van die volk herhaal, het die hele volk hardop begin huil.
1 SAMUEL 11:4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe het die boodskappers by Gíbea van Saul gekom en die tyding voor die ore van die volk verkondig, en die hele volk het hul stem verhef en geween.