1 SAMUEL 11:1
1 SAMUEL 11:1 Bybel vir almal (ABA)
Nagas die Ammoniet het sy tente opgeslaan by die stad Jabes in Gilead. Hy wou oorlog maak teen die mense van die stad. Die leiers van die mense in Jabes het vir Nagas gesê: “As jy 'n ooreenkoms maak met ons, dan mag jy oor ons regeer.”
1 SAMUEL 11:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN Nahas, die Ammoniet, het opgetrek en Jabes in Gílead beleër; en al die manne van Jabes het aan Nahas gesê: Sluit met ons 'n verbond, dan sal ons u dien.
1 SAMUEL 11:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Nagas die Ammoniet het opgetrek en Jabes in Gilead beleër. Al die inwoners van Jabes het vir Nagas gesê: “Sluit 'n verdrag met ons, dan sal ons u onderdane wees.”
1 SAMUEL 11:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Nagas, die Ammoniet, het opgetrek en Jabes in Gilead beleër. Al die manne van Jabes sê toe vir Nagas: “Sluit met ons 'n ooreenkoms, dan sal ons u dien.”
1 SAMUEL 11:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe het Nahas, die Ammoniet, opgetrek en laer opgeslaan teen Jabes in Gílead, en al die manne van Jabes het vir Nahas gesê: Sluit 'n verbond met ons, en ons sal u dien.