1 SAMUEL 10:6,10
1 SAMUEL 10:6 Bybel vir almal (ABA)
Dan sal die Gees van die Here in jou kom, en jy sal ook soos 'n profeet praat, jy sal verander en jy sal soos 'n ander man word.
1 Samuel 10:10 Bybel vir almal (ABA)
Toe Saul en die slaaf by Gibea kom, het daar 'n groep profete na hom toe gekom. Die Gees van God het in hom gekom, en hy het saam met die profete gepraat.
1 SAMUEL 10:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die Gees van die HERE sal oor jou vaardig word, sodat jy saam met hulle sal profeteer en in 'n ander mens verander word.
I SAMUEL 10:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Nadat hulle daar by Gíbea gekom het, ontmoet hom meteens 'n groep profete, en die Gees van God het oor hom vaardig geword, sodat hy onder hulle geprofeteer het.
1 SAMUEL 10:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Dan sal die Gees van die Here kragtig in jou werk. Jy sal saam met hulle as profeet optree en 'n ander mens word.
1 SAMUEL 10:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hulle het daar in Gibea gekom, en toe hy weer sien, kom 'n groep profete hom tegemoet. Die Gees van God het kragtig in hom gewerk, en hy het saam met hulle as profeet opgetree.
1 SAMUEL 10:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die Gees van die HERE sal jou oorweldig, en jy sal saam met hulle in geestesvervoering wees. Jy sal in 'n ander mens verander word.
1 Samuel 10:10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe hulle daar in Gibea aankom – kyk, daar kom die groep profete hom tegemoet! Die Gees van God het hom oorweldig, en hy was tussen hulle in geestesvervoering.
1 SAMUEL 10:6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die Gees van die HERE sal oor jou kom, en jy sal saam met hulle profeteer en in 'n ander mens verander word.
1 Samuel 1 Samuel 10:10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe hulle daar by die heuwel kom, kom daar 'n menigte profete hom tegemoet; en die Gees van God het oor hom gekom, en hy het onder hulle geprofeteer.
1 SAMUEL 10:6 Die Boodskap (DB)
Die Gees van die Here sal in jou werk sodat jy ’n ander mens sal word en saam met hulle in profetiese ekstase sal wees.
1 Samuel 10:10 Die Boodskap (DB)
Hy kom by Gibea aan, en jou waarlik, daar is die groep profete! Die Gees van God werk toe só in hom dat hy saam met hulle gaan en net soos hulle in profetiese ekstase raak.