1 SAMUEL 10:11
1 SAMUEL 10:11 Bybel vir almal (ABA)
Mense wat voorheen vir Saul geken het, en wat nou gesien het hy praat saam met die profete, was verbaas en hulle het vir mekaar gesê: “Wat het gebeur met die seun van Kis? Is Saul nou ook by die profete?”
1 SAMUEL 10:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En toe elkeen wat hom van gister en eergister af geken het, sien dat hy saam met die profete profeteer, het die mense die een aan die ander gesê: Wat het tog gebeur met die seun van Kis? Is Saul ook onder die profete?
1 SAMUEL 10:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Almal wat hom voorheen geken het en nou gesien het hoe hy saam met die profete as profeet optree, het vir mekaar gevra: “Wat het met Kis se seun gebeur? Is Saul ook onder die profete?”
1 SAMUEL 10:11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe almal wat hom voorheen geken het, sien dat hy sowaar saam met profete profeteer, het hulle vir mekaar gevra: “Wat is dit wat met die seun van Kis gebeur het? Is Saul ook onder die profete?”
1 SAMUEL 10:11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe almal wat hom vantevore geken het, sien dat hy onder die profete geprofeteer het, het die volk vir mekaar gesê: Wat is dit wat met die seun van Kis oorgekom het? Is Saul ook onder die profete?