YouVersion embleem
BybelLeesplanneVideo's
Kry die toep
Taalkieser
Soek-ikoon

1 KONINGS 3:13

1 KONINGS 3:13 Bybel vir almal (ABA)

Ek gee ook vir jou wat jy nie gevra het nie. Jy sal jou hele lewe lank die rykste wees van al die konings, en die mense sal jou meer respekteer as vir die ander konings.

Deel
Lees 1 KONINGS 3

1 KONINGS 3:13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

Ja, selfs wat jy nie begeer het nie, sal Ek jou gee, rykdom sowel as eer, sodat onder die konings niemand soos jy sal wees al jou dae nie.

Deel
Lees 1 KONINGS 3

1 KONINGS 3:13 Afrikaans 1983 (AFR83)

Ook wat jy nie gevra het nie, gee Ek aan jou: rykdom en aansien, sodat daar onder die konings niemand soos jy sal wees solank jy leef nie.

Deel
Lees 1 KONINGS 3

1 KONINGS 3:13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Ook wat jy nie gevra het nie, gee Ek aan jou: sowel rykdom as eer, sodat, solank jy leef, daar onder die konings niemand soos jy sal wees nie.

Deel
Lees 1 KONINGS 3

1 KONINGS 3:13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

En Ek het jou ook gegee wat jy nie gevra het nie, rykdom sowel as eer, sodat daar nie iemand onder die konings sal wees soos jy al jou dae nie.

Deel
Lees 1 KONINGS 3

1 KONINGS 3:13 Die Boodskap (DB)

Boonop gee Ek jou ook alles wat jy nie gevra het nie. Jy sal baie ryk wees en die mense sal jou eer. Geen ander koning sal so ryk en so geëerd wees soos jy nie.

Deel
Lees 1 KONINGS 3

1 KONINGS 3:13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Daarby gee Ek vir jou ook dit waarvoor jy nie gevra het nie, naamlik rykdom en aansien. So lank as wat jy leef, sal geen koning met jou vergelyk kan word nie.

Deel
Lees 1 KONINGS 3
YouVersion

Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God op te soek.

Bediening

Iets oor ons

Loopbane

Vrywilliger

Webjoernaal

Media

Nuttige skakels

Hulp

Skenk

Bybelweergawes

Klankbybels

Bybeltale

Vers-van-die-dag


'n Digitale bediening van

Life.Church
English (US)

©2025 Life.Church / YouVersion

PrivaatheidsbeleidVoorwaardes
Program vir die openbaarmaking van kwesbaarheid
FacebookTwitterInstagramYouTubePinterest

Tuisblad

Bybel

Leesplanne

Video's