1 KONINGS 22:20-22
1 KONINGS 22:20-22 Bybel vir almal (ABA)
En die Here het gesê: ‘Vir wie kan Ek stuur om vir Agab te bedrieg? Daardie een moet sê Agab moet na Ramot in Gilead gaan, Ek wil hê Agab moet daar sterf.’ “Almal wat in die hemel is, het daaroor met mekaar gepraat, en toe kom een van hulle en hy gaan staan voor die Here en hy sê: ‘Ek sal hom bedrieg.’ “Toe vra die Here vir hom: ‘Hoe sal jy dit doen?’ en hy sê: ‘Ek sal gaan en ek sal 'n leuengees word. Ek sal vir al die profete sê om leuens te vertel vir koning Agab.’ Die Here het gesê: ‘Jy sal hom bedrieg, jy sal dit regkry. Gaan doen dit.’
1 KONINGS 22:20-22 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die HERE het gesê: Wie sal Agab oorhaal, dat hy kan optrek en val by Ramot in Gílead? En die een het so gesê, en die ander weer so. Toe kom die gees vorentoe en gaan voor die aangesig van die HERE staan en sê: Ek sal hom oorhaal. En die HERE vra hom: Waarmee? En hy sê: Ek sal uitgaan en 'n leuengees word in die mond van al sy profete. En Hy sê: Jy sal oorhaal, ja, jy sal ook oorwin; gaan uit en doen so.
1 KONINGS 22:20-22 Afrikaans 1983 (AFR83)
En die Here het gesê: ‘Wie sal vir Agab so ver kry dat hy na Ramot in Gilead toe gaan en daar sneuwel?’ Die een het toe dit gesê en die ander dat, totdat die gees vorentoe kom en voor die Here gaan staan en gesê het: ‘Ek sal hom so ver kry.’ En toe die Here vir hom vra: ‘Hoe?’ sê die gees: ‘Ek sal uitgaan en 'n leuengees word in die mond van al sy profete.’ Toe sê die Here: ‘Jy sal hom so ver kry. Gaan doen dit, jy sal dit regkry.’
1 KONINGS 22:20-22 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe sê die HERE, ‘Wie sal Agab mislei, sodat hy optrek en val by Ramot in Gilead?’ Die een het dit voorgestel en die ander dat. 'n Gees tree toe na vore, gaan staan voor die HERE en sê, ‘Ek is die een wat hom sal mislei.’ Toe vra die HERE vir hom, ‘Hoe?’ Hy het geantwoord, ‘Ek sal uitgaan en 'n leuengees wees in die mond van al sy profete.’ Daarop sê die HERE, ‘Jy sal hom mislei en ook slaag. Gaan maak so!’
1 KONINGS 22:20-22 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê die HERE: Wie sal Agab oorhaal, dat hy kan optrek en val by Ramot in Gílead? En een het op hierdie manier gesê, en 'n ander het op daardie manier gesê. En 'n gees het uitgegaan en voor die aangesig van die HERE gaan staan en gesê: Ek sal hom oorhaal. Toe sê die HERE vir hom: Waarmee? En hy sê: Ek sal uitgaan en 'n leuengees wees in die mond van al sy profete. En hy sê: Jy moet hom oortuig en ook oorwin; gaan uit en doen so.
1 KONINGS 22:20-22 Die Boodskap (DB)
Toe het die Here gevra: ‘Wie sal Agab gaan mislei sodat hy teen Ramot in Gilead sal optrek om daar doodgemaak te word?’ En die hemelwesens het onder mekaar gepraat. Een van hulle het toe vir die Here gesê: ‘Ek sal gaan en Agab mislei.’ ‘Hoe sal jy dit doen?’ het die Here gevra. ‘Ek sal maak dat al Agab se profete leuens vertel.’ ‘Goed dan,’ het die Here gesê. ‘Gaan mislei hom. En doen dit deeglik.’”
1 KONINGS 22:20-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die HERE het gesê: ‘Wie sal vir Agab gaan oortuig om teen Ramot-Gilead oorlog te maak sodat hy daar kan omkom?’ Hulle het hiernatoe en daarnatoe gepraat. Uiteindelik het die leuengees voor die HERE gaan staan en gesê: ‘Ek sal dit doen!’ “‘Hoe sal jy dit doen?’ vra die HERE vir hom. “Die gees het geantwoord: ‘Ek sal gaan en al Agab se profete oortuig om leuens te vertel.’ “‘Jy sal slaag,’ sê die HERE. ‘Gaan voort en doen dit.’