1 KONINGS 21:29
1 KONINGS 21:29 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Het jy gesien Agab het hom voor My verootmoedig? Omdat hy hom voor My verootmoedig het, sal Ek die ramp nie tydens sý lewe laat plaasvind nie. Tydens die bewind van sy seun sal Ek die ramp oor sy familie bring.”
1 KONINGS 21:29 Bybel vir almal (ABA)
“Het jy gesien dat Agab hom voor My verneder het? Omdat hy dit gedoen het, sal Ek dit nie met hom sleg laat gaan terwyl hy nog lewe nie, maar wanneer sy seun koning is, dan sal Ek dit sleg laat gaan met sy koningshuis.”
1 KONINGS 21:29 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Het jy gesien dat Agab hom voor my aangesig verneder het? Omdat hy hom voor my aangesig verneder het, sal Ek die onheil in sy dae nie bring nie; in die dae van sy seun sal Ek die onheil oor sy huis bring.