1 KONINGS 2:34
1 KONINGS 2:34 Bybel vir almal (ABA)
Benaja seun van Jojada het gegaan en hy het vir Joab doodgemaak. Hulle het vir Joab begrawe by sy huis in die woestyn.
1 KONINGS 2:34 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe het Benája, die seun van Jójada, opgegaan en op hom aangeval en hom gedood; en hy is begrawe in sy huis in die woestyn.
1 KONINGS 2:34 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe het Benaja seun van Jojada teruggegaan en vir Joab daar aangeval en hom doodgemaak. Hy is begrawe by sy huis in die veld.
1 KONINGS 2:34 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Benaja, seun van Jojada, het toe gegaan, hom aangeval en hom doodgemaak. Hy is begrawe by sy huis in die woestyn.
1 KONINGS 2:34 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe het Benaja, die seun van Jójada, opgetrek en op hom geval en hom gedood, en hy is in sy huis in die woestyn begrawe.