1 KONINGS 19:21
1 KONINGS 19:21 Bybel vir almal (ABA)
Elisa het teruggegaan. Hy het twee beeste geneem en hy het hulle geslag. Hy het die vleis gaargemaak met die hout van die jukke. Hy het die vleis vir sy mense gegee, en toe hulle klaar geëet het, het hy gereedgemaak en saam met Elia gegaan. Elisa het Elia se helper geword.
1 KONINGS 19:21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hy draai toe agter hom om en neem die paar osse en slag dit; en met die osse se trekgoed het hy hulle vleis gekook en aan die mense gegee, en hulle het geëet; daarna het hy hom klaargemaak en Elía gevolg en hom gedien.
1 KONINGS 19:21 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe draai Elisa om en gaan slag twee osse, en met die juk het hy die vleis gebraai en vir sy werksmense gegee om te eet. Daarna het hy saam met Elia gegaan en sy volgeling geword.
1 KONINGS 19:21 Die Boodskap (DB)
Toe Elisa terugkom, het hy al die osse doodgemaak en ’n groot vuur gemaak. Hy het al die vleis gebraai en dit toe vir die werkers en hulle gesinne gegee. Na die groot afskeidsete is Elisa saam met Elia daar weg. So het Elisa Elia se helper geword.