1 KONINGS 19:14
1 KONINGS 19:14 Bybel vir almal (ABA)
Elia het gesê: “Ek het baie hard gewerk vir die Here, die God wat oor alles regeer, maar die Israeliete het nie gedoen wat U in u verbond gesê het nie. Hulle het u altare afgebreek en hulle het u profete doodgemaak, ek het alleen oorgebly. En nou wil hulle my ook doodmaak.”
1 KONINGS 19:14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hy antwoord: Ek het baie geywer vir die HERE, die God van die leërskare; want die kinders van Israel het u verbond verlaat, u altare afgebreek en u profete met die swaard gedood, sodat ek alleen oorgebly het; en hulle soek my lewe om dit weg te neem.
1 KONINGS 19:14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy het geantwoord: “Ek het my met hart en siel gewy aan u saak, Here, Almagtige God. Die Israeliete het die verbond met U verbreek. Hulle het u altare afgebreek en u profete doodgemaak. Net ek het oorgebly, en hulle soek my om my ook om die lewe te bring.”
1 KONINGS 19:14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy het geantwoord: “Ek het my volle ywer getoon vir die HERE, die God van alle magte, want die Israeliete het u verbond verlaat, u altare het hulle afgebreek en u profete met die swaard om die lewe gebring. Ek alleen het oorgebly, en hulle soek my lewe om dit te neem.”
1 KONINGS 19:14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy sê: Ek was baie jaloers op die HERE, die God van die leërskare, omdat die kinders van Israel u verbond verlaat het, u altare afgebreek en u profete met die swaard gedood het; en ek alleen het oorgebly; en hulle soek my lewe, om dit weg te neem.
1 KONINGS 19:14 Die Boodskap (DB)
Hy het geantwoord: “Here, U ken my. My hele lewe lank dien ek met groot ywer nog net vir U. Israel het egter die rug vir U gedraai. Hulle het die altare waar U aanbid word, vernietig en al u profete vermoor. Nog net ek het oorgebly en nou soek hulle my lewe ook. Dit is waarom ek besluit het om te vlug.”