1 KONINGS 18:46 - Compare All Versions
1 KONINGS 18:46 ABA (Bybel vir almal)
Maar die Here het vir Elia sterk gemaak. Elia het sy klere vasgebind en hy het voor Agab gehardloop tot by Jisreël.
1 KONINGS 18:46 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
maar die hand van die HERE was oor Elía, sodat hy sy heupe omgord en voor Agab uit geloop het in die rigting na Jísreël.
1 KONINGS 18:46 AFR83 (Afrikaans 1983)
Die mag van die Here het vir Elia in besit geneem, en hy het sy mantel opgebind en voor Agab se wa uit gehardloop tot waar die pad uitdraai na Jisreël toe.
1 KONINGS 18:46 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die hand van die HERE het van Elia besit geneem. Hy het sy kleed opgebind en voor Agab uit gehardloop tot by Jisreël.
1 KONINGS 18:46 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die hand van die HERE was op Elía; en hy het sy lendene omgord en voor Agab gehardloop tot by die ingang van Jísreël.
1 KONINGS 18:46 DB (Die Boodskap)
Die Here het Elia wonderlike krag gegee sodat hy sy lang kleed om sy heupe vasgebind het en tot by die afdraaipad na Jisreël toe voor Agab se wa uit gehardloop het.
1 KONINGS 18:46 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Die HERE het Elia krag gegee. Hy het sy gordel vasgemaak en toe voor Agab se wa uit gehardloop tot by Jisreël.