1 KONINGS 18:43 - Compare All Versions

1 KONINGS 18:43 ABA (Bybel vir almal)

Hy het vir die jongman by hom gesê: “Gaan asseblief op en gaan kyk na die see.” Die jongman het hoër opgegaan en gekyk en gesê: “Daar is niks.” Elia het gesê die jongman moet weer gaan kyk, sewe maal.

1 KONINGS 18:43 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Daarop sê hy vir sy dienaar: Klim tog op, kyk uit na die see. En hy het opgeklim en uitgekyk en geroep: Daar is niks nie. Toe sê hy: Gaan weer — sewe maal.

1 KONINGS 18:43 AFR83 (Afrikaans 1983)

sê hy vir sy slaaf: “Gaan kyk in die rigting van die see!” Hy gaan kyk toe, en kom sê: “Daar is niks.” Elia het vir hom gesê: “Gaan kyk weer.” Dit het sewe keer gebeur.

1 KONINGS 18:43 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Hy het vir sy dienaar gesê: “Gaan asseblief boontoe en kyk uit in die rigting van die see.” Hy gaan toe boontoe en kyk uit, maar sê: “Daar is niks nie.” Elia sê toe: “Gaan weer! Doen dit sewe keer!”

1 KONINGS 18:43 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En hy sê vir sy dienaar: Gaan nou op, kyk na die see. En hy het opgegaan en gekyk en gesê: Daar is niks nie. En hy sê: Gaan weer sewe maal.

1 KONINGS 18:43 DB (Die Boodskap)

Elia het vir sy helper gesê: “Klim nog hoër en kyk na die see se kant toe.” Die helper het teruggekom en gesê: “Ek sien niks nie.” Elia het sewe keer vir hom gesê om te gaan kyk.

1 KONINGS 18:43 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Hy sê toe vir sy dienaar: “Gaan kyk uit oor die see.” Die dienaar het gekyk, na Elia toe teruggekom en gesê: “Ek sien niks nie.” Elia sê vir hom: “Gaan kyk weer!” Sewe keer het Elia hom gestuur.