1 KONINGS 18:41 - Compare All Versions

1 KONINGS 18:41 ABA (Bybel vir almal)

Toe het Elia vir Agab gesê: “Jy moet gaan eet, want ek hoor al klaar hoe val die reën.”

1 KONINGS 18:41 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Toe sê Elía vir Agab: Trek op, eet en drink, want hoor, die gedruis van die reën!

1 KONINGS 18:41 AFR83 (Afrikaans 1983)

Daarna sê Elia vir Agab: “Gaan eet eers, want ek hoor al die gedruis van die reën.”

1 KONINGS 18:41 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Daarna sê Elia vir Agab: “Gaan! Eet en drink, want ek hoor die geruis van reën.”

1 KONINGS 18:41 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Toe sê Elía vir Agab: Staan op, eet en drink; want daar is 'n geluid van oorvloed van reën.

1 KONINGS 18:41 DB (Die Boodskap)

Elia het toe vir Agab gesê: “Meneer, u kan maar huis toe gaan en solank begin feesvier, want ek hoor al die plofgeluid van ’n stortreën.”

1 KONINGS 18:41 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Elia sê toe vir Agab: “Gaan eet en drink, want ek hoor die gedruis van groot reën!”