1 KONINGS 18:39 - Compare All Versions
1 KONINGS 18:39 ABA (Bybel vir almal)
Toe die mense dit sien, het hulle almal gebuig, hulle gesigte was teen die grond. Hulle het gesê: “Die Here, Hy is God! Die Here, Hy is God!”
1 KONINGS 18:39 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En toe die hele volk dit sien, het hulle op hul aangesig geval en gesê: Die HERE, Hy is God, die HERE, Hy is God!
1 KONINGS 18:39 AFR83 (Afrikaans 1983)
Toe die hele volk dit sien, het hulle op hulle knieë geval en uitgeroep: “Die Here is God! Die Here is God!”
1 KONINGS 18:39 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe die hele volk dit sien, val hulle neer met hulle gesigte teen die grond en sê: “Die HERE, Hy is God! Die HERE, Hy is God!”
1 KONINGS 18:39 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En toe die hele volk dit sien, het hulle op hul aangesig geval en gesê: Die HERE, Hy is die God! die HERE, Hy is die God.
1 KONINGS 18:39 DB (Die Boodskap)
Toe die mense dit sien, het hulle op die grond neergeval en hard uitgeroep: “Die Here is die enigste ware God! Die Here is die enigste ware God!”
1 KONINGS 18:39 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Toe die volk dit sien, val hulle op die grond en roep uit: “Die HERE is God! Die HERE is God!”